Satisfied Client

Wie dit mag aangaan,

Ek wil net vir die Nepic span wat my internet vir my gedoen het bedank vir die puik diens en geduld wat hulle aan die dag gele het om my aanvanklike probleem wat ek met my internet gehad het uit te sorteer.

Elke keer as ek die tegniese afdeling gebel het (Dirk en Rudolph) was hulle baie beleefd en hulpvaardig en gou my probleem opgelos.
Hulle se dat agter elke suksesvolle man is n suksesvolle vrou. Hierdie vrou is Heidi met wie ek by julle gewerk het.

Sy was altyd vriendelik en hulpvaardig en baie profesioneel. Sy het opgevolg of ek gelukkig is met die diens en of my probleem opgelos is.
Ek het self n besigheid en in vandag se lewe kan die mense net kla en nooit dankie se nie.

Van my kant af wil ek die Nepic span bedank en sal julle defnitief aanbeveel. Ek bid dat die Here julle besigheid van krag tot krag sal laat gaan.
Verlede Vrydag by julle kantore het ek gesien dat julle n klomp dinamiese jong mense is wat daar werk. Ek is bly dat daar nog sulke jong mense is.

Groete

Martin Meyer

Does your complex need fibre?

Back to Top